Cape Home Educators

 

Winter Werkswinkel 2009
Op 'n koue, nat wintersoggend, 30 Mei 2009, het Cape Home Educators hul Winter Werkswinkel gehou. Vir 'n ieder en 'n elk was daar baie waardevolle inligting en self die kinders het hul eie werkswinkel gehad. Die reën het die sokker gelukkig 'n kans gegee en al wat 'n kind is het tog te lekker sokker gespeel, Trevor het besondere moeite gedoen om dit vir die kinders baie aangenaam te maak. Duncan Rice het daarna 'n dramaklas aangebied waar almal weereens heerlik gelag en gespeel het, jammer die tyd gaan dan altyd so vinnig verby. Die namiddag is die kinders se aktiweite afgesluit met 'n interessante aanbieding omtrent dolfyne, walvisse, haaie en hoe pikkewyne versorg word by Sancob. Die ouers se Werkswinkel het begin met Ananda Russ wat die belangrikheid van gesonde eetgewoontes beklemtoon het en hoekom dit ook belangrik is vir 'n kind om die regte kos te eet vir konsentrasie, prestasie en 'n lang en gesonde lewe. Lizelle Meyer het ons daarna gewys op die voordele wat die Charlotte Mason filosofie inhou vir alle kinders en dat dit 'n baie suksesvolle metode van ontdek en leer is hetsy of 'n kind tuisonderwys ontvang of gewoon in 'n skool is.
Buitemuurse aktiwiteite is dikwels 'n probleem vir tuisskolers: - Trevor Rossouw het ons meer vertel oor hoe kinders wat tuisonderrig ontvang ook suksesvol aan sport kan deelneem en watter opsies ouers het vir hul kinders wat graag sport wil beoefen. Adriaan Lotriet van die Voortrekkers het ook dmv klank en kleur kom vertel hoe kinders maar ook ouers by die Voortrekkers betrokke kan raak en dat alle kinders baie leer en voordeel uit al die kampe en aktiwiteite put. Belangrike lewensvaardighede word aan die kinders geleer wat vandag nie noodwendig meer die geval by skole is nie. Duncan Rice van Helen O'Grady Drama Academy, reeds 'n bekende naam en gesig by Cape Home Educators, het hierdie keer ook vir die ouers kom vertel hoe kinders op sosiale gebied positief kan ontwikkel dmv drama. Na die Algemene Jaarvergadering van CHE was Bouwe van der Eems aan die woord met 'n baie belangrike onderwerp waaroor ouers dikwels wonder en ook sommer baie bekommer kan raak: Hoe moet ek te werk gaan dat my kind wat tuisonderwys ontvang 'n matriek kwalifikasie verkry? 'n Uur het soos 'n gedagte verby gevlieg waarin almal waardevolle inligting gekry het, jammer daar was nie meer tyd om nog te luister en vrae te vra nie. Porcia Adams van Elsenburg Landbou Kollege en Dr Gillian Arendse van Itemba Labs het ons kom inlig oor wat die tuisskolers op tersiêre gebied en daarna in die werksomgewing te wagte kan wees. Dit was baie insiggewend om te verneem dat beide hierdie instansie studente en werknemers soek wat geleer het om onafhanklik te kan werk . . . . dit is mos een van die redes hoekom ons ons kinders tuisonderwys gee.
Ons kan terugkyk op 'n suksesvolle dag net jammer daar was nie meer tuisonderrig ouers en kinders nie.

Upcoming Event

Winter Workshop

Bellville Biblioteek/ Library

Voortrekkerweg in die rigting van Parow en links in AJWest straat

(eerste straat nadat durbanvilleWeg (R302) gekruis is)

VoortrekkerWeg direction to Parow left in AJ West street

(first street after durbanvilleweg(R302) is crossed)