Cape
Home Educators |
|
Hoekom het ek Wiskunde nodig? (Akteur) Van al die beroepe wat ek kan lys, is hierdie seker een van die mees ongewone keuses vir ‘n redenasie oor die belangrikheid van Wiskunde. Dit is tog ‘n uitgemaakte saak dat mense wat hulself met drama en die kunste besig hou regterbrein is, en Wiskunde vereis linkerbrein. Of is dit….? Akteurs werk in hoofsaaklik twee areas: Voor ‘n kamera of op die verhoog. Beide vereis die memorisering en begrip van bladsye en bladsye vol woorde. Tussen-in moet die akteur ‘n vertolking doen van die karakter, en dit moet natuurlik gebeur met ‘n goeie idee van die milieu en omgewing van die karakter. Dit is tog vanselfsprekend dat hierdie einste vaardighede (behalwe miskien die memorisering?) by woordsomme ook nodig is. Waar beter om dit aan te leer as Wiskunde op skool? Ja, ons weet dat akteurs nie noodwendig met algebra en trigonometrie gaan besig wees nie, maar ons praat van die brein-vaardighede wat hulle geslyp het as kinders. Dit is hier waar Wiskunde die brein stimuleer. Verhoog-akteurs, meer as ander, seker, is baie gebonde aan ‘n driedimensionele ruimte. Daar is sekere vorms (meestal reghoeke) wat vlakke in die ruimte vorm, waarbinne die akteur kan beweeg. ‘n Goeie begrip van hierdie ruimte soos wat met Koördinaatmeetkunde verkry kan word, asook ‘n begrip van vektore en daarmee saam hoeke tussen vektore (trigonometrie), sal help dat die akteur die beste van die spasie kan maak. Seker die belangrikste vektor is die een wat geassosieer word met jou stem. Vir akteurs kom hierdie vaardighede natuurlik, maar ‘n goeie begrip van die teorie is broodnodig. Daar word so baie gepraat van die belangrikheid van goeie slaagsyfers
in Wiskunde, maar dit blyk dat min mense verstaan HOEKOM Wiskunde nodig
is. Vir individuele hulp kan jy hulp ons webtuiste kry!! Kontak gerus
die Blitslyn by 083 9100 999, of epos aan info@tutormagix.com vir meer
inligting. Gemak – dis die punt!
YCom Full range of OXFORD University Press books and readers ideal for home. Idem Smile Products: Wide range of quality educational material. (Preschool-Gr3) Parrot products: Quality presentation products.
For a free Catalogue or queries: Email: youthcom@mweb.co.za Tel: 028 316 3685 Cell: 083 236 4133 |
|