Cape Home Educators

Nuwe Beroepsgerigte NCV beskikbaar in afstandsonderrig op NQF 2 & 3

Inderdaad goeie nuus vir tuiskolers na n lang wag:Beroepsgerigte, afstandsonderriggedrewe NCV NQF vlak 2 (Gr 10) en NQF 3 (Graad 11)is nou beskibaar deur Midrand FET Satelliet.NQF 4 volg aanstaande jaar.Leerling kies uit die volgende rigtings en skryf n jaarlikse eksamen in November.Die slutingsdatum vir 2008 is 31 Maart.Hierdie is die kursusse wat die N-kursusse van ouds vervang.Daar is twee bane nl. FET skool en FET Kollege.Hierdie aanbieding is slegs FET Kollege: Leerling kies uit: Bestuurwese; Bemarking; Kantoor-administrasie; Elektriese infrastruktuur en Konstruksie; "Safety in Society"; Ingenierswese en Verwante Ontwerp (slegs SWEIS op die staduim); Siviele Ingenieurswese en Boukonstruksie (slegs Loodgieter op die staduim)
Die volgende velde behoort mettertyd te volg: Toerisme; Hospitality"; Primere Landbou; Inligtings Tegnologie & Rekenaarswetenskap; ; Die NCV struktuur behels 3 fundamentele vakke: ‘n Taal Lewensorientering Wiskunde of Wiskunde Geletterdheid
Drie verdere verpligte vakke uit n gekose sub-veld BYVOORBEELD vir die veld van BEMARKING: Bestuurspraktyk; Operasionele bestuur; Finansiele bestuur; Opsioneel: Entrepreneurskap
Die kwalifikasie beslaan 130 krediete en elke vak, behalwe Lewensorientering ( slegs 10 ), tel 20 krediete
Die koste is R1080 per vak. Navrae: 0837894570 (slegs weeksdae-beste tyd is na-middag) Koos Rautenbach; Faks:0866 593 821
E-pos:mara3@absamail.co.za