Cape Home Educators

Upcoming Event:

 

Curricula & Educational Materials Expo

Saturday, 26 September 2009 at the Bellville Civic Centre

(Banquet, Conference and Lecture Halls)

10:00 - 16:00

An event not to be missed if you are looking for Educational Material and information from Pre-School to Tertiary Education!!!

 

Die Opvoedkundige Uitstalling gaan jaarliks van krag tot krag en hierdie jaar het ons meer as 50 verskillende Opvoedkundige Programme op uitstalling. Waar daar in die verlede hoofsaaklik gefokus is op materiaal vir die Voorskool, Laerskool en Hoërskool kind/ouderdomsgroep, het ons hierdie jaar se Uitstalling uitgebrei om ook Tersiêre Instellings te akkomodeer.

Dit kon ook nie anders as 'n mens dit in aanmerking neem dat Tuisonderwys hierdie jaar sy dertiende verjaardag vier nie. Dit beteken ook dat al hoe meer van die leerders wat Tuisonderwys ontvang of ontvang het is aan die einde van hul tuisonderwysloopbaan of baie na aan die einde daarvan. Dit bly vir almal 'n groot vraag wat gaan ek na my matriekjaar doen of dalk wil ek al reeds in 'n spesifieke rigting studeer na my graad 9 jaar. Hierdie Opvoedkundige Uitstalling sal vir 'n groot aantal leerders die nodige inligting verskaf.

Baie inligting, is soos in die verlede weereens beskikbaar, met baie nuwe Uitstallers en Opvoedkundige Programme daarby, vir Voorskool, Laerskool en Hoërskool. Afrikaanse en Engelse Opvoedkundige Materiaal is in oorvloed beskikbaar. Of u nou opsoek is na 'n volledige kurrikulum om met u kind vir Tuisonderwys te volg en of u slegs Wiskunde of 'n Taal benodig waarmee u kind op skool sukkel - by die Wes-Kaap se Opvoedkundige Uitstalling sal u dit vind!

Wanneer Tuisonderwys oorweeg word is daar ook resgaspekte wat in aanmerking geneem moet word: Hoe gaan ek te werk en wat moet ek die skool laat weet wanneer my kind nie daarheen gaan terugkeer nie? Moet ek, en hoe registreer ek by die Onderwys Departement vir Tuisonderwys? Kan en gaan die Onderwys Departement my verplig om 'n spesifieke program met my kind tuis te volg? Die PESTALOZZI TRUST, wat die regsvereniging vir Tuisonderwys is, sal vir u al die korrekte inligting op hierdie vrae verskaf!

NAVRAE: Linda Koetsier Tel 021 883 2924; Sel 083 683 1858; e-pos koetsier@flotron.co.za

SCHEDULE FOR LECTURES

in

Lecture Hall

(upstairs on first floor)

10:30 Psalm 99 Bible Shop (p, h & t)

10:45 Kindermusik (p)

11:00 Hatfield Christian School (p & h)

11:30 Creation Ministries International (h & t)

12:00 Love2Learn (p & h)

13:00 Inscape (t)

13:30 Sonlight (p)

13:45 Footprints on our Land (p)

14:00 Telweb (p & h)

14:15 Allmusic, Future Entrepreneurs, Musical Pleasures

14:30 2 Simple South Africa (p)

14:45 FOODLE - funky health foods (p)

15:00 Impak, Delta & ICHON (p, h & t)

Educational Material suitable for:

(p) Pre-Primary & Primary School level

(h) High School level

(t) Tertiary Education

15:30 - 18:00

Pestalozzi Trust seminar on homeschooling in general and legal aspects to keep in mind